Minnesota

Deelstaat Minnesota
alt alt
Vlag van Minnesota Seël
Bynaam(e): North Star State, Land of 10,000 Lakes, The Gopher State
alt
Kaart van die Verenigde State met Minnesota uitgelig
Amptelike taal(e) Geen
Gesproke taal(e) Engels; klein minderhede Frans- en Spaanssprekendes
Hoofstad Saint Paul
Grootste stad Minneapolis
Area  12ste in die V.S.
 - Totaal 225 365 km2
 - Wydte 400 km
 - Lengte 645 km
 - Water 8 04 km2
 - % water 8,4 %
 - Breedtegraad 43° 30′ N tot 49° 23′ N
 - Lengtegraad 89° 29′ W tot 97° 14′ W
Bevolking  21ste in die V.S.
 - Totaal 5 303 925
 - Digtheid 23,53/km2
31ste in die V.S.
Hoogte  
 - Hoogste punt
701 m
 - Gemiddeld 365 m
 - Laagste punt Bowemeer
seevlak
Toetrede tot die Unie  11 Mei 1858 (32ste)
Goewerneur Tim Walz (DFL)
Luitenant-Goewerneur Peggy Flanagan (DFL)
Wetgewer Minnesota Wetgewer
 - Hoërhuis Senaat
 - Laerhuis Huis van Verteenwoordigers
V.S. Senatore Amy Klobuchar (DFL)
Tina Smith (DFL)
Tydsone UTC -6 / Somertyd -5
Afkortings MN US-MN
Webblad www.state.mn.us

Minnesota (Engels: State of Minnesota) is 'n deelstaat in die Middelweste van die Verenigde State van Amerika. Die staat staan bekend as die «Land van 10 000 mere» - meer as 11 000 mere met 'n oppervlakte van tien of meer akkers word hier aangetref. Die administratiewe setel is Saint Paul en die grootste stedelike nedersetting Minneapolis.

Kustoneel naby Grand Marais aan die Bowemeer (Lake Superior)
'n Vragboot op die Mississippirivier
Oberg Lake temidde van 'n see van herfskleure
Winter in Bear Head Lake State Park
North Pier-vuurtoring en invaart tot die Duluth Ship Canal in Februarie 2020
Minneapolis met steenboogbrug oor die Mississippi

Minnesota het 'n bevolking van sowat 5,3 miljoen en 'n oppervlakte van 225 365 vierkante kilometer. Dit word in die noorde deur Kanada (provinsies: Manitoba en Ontario), in die ooste deur Wisconsin en die Bowemeer, in die suide deur Iowa, en in die weste deur Noord-Dakota en Suid-Dakota begrens. Omtrent sestig persent van die staat se totale bevolking is in die metropolitaanse gebied van die Twin Cities of «Tweelingstede» Minneapolis/Saint Paul saamgetrek.

Reeds duisende jare voor die aankoms van die eerste Europese setlaars is die gebied van die latere deelstaat deur 'n verskeidenheid inheemse volke bewoon. Franse ontdekkingsreisigers, sendelinge en pelshandelaars het, toe hulle die gebied in die 17de eeu verken het, in aanraking gekom met die Dakota en Ojibwe/Anishinaabe-stamme. Vervolgens het groot dele van die huidige Minnesota deel uitgemaak van die Franse besitting Louisiana wat in 1803 deur die Verenigde State gekoop is. Die deelstaat se leuse – L'Etoile du Nord (Frans: Die Ster van die Noorde) – herinner aan sy Franse verlede.

Ná 'n aantal gebiedsveranderinge is Minnesota in sy huidige vorm op 11 Mei 1858 as die 32ste deelstaat tot die Unie toegelaat. Net soos ander deelstate in die Amerikaanse Middel-Weste was dit aanvanklik yl bevolk, met die houtbedryf en landbou as ekonomiese basis. Gedurende die 19de en 20ste eeu het groot getalle Europese immigrante, hoofsaaklik afkomstig uit Skandinawië en Duitssprekende gebiede, hulle hier kom vestig. Minnesota is ook vandag 'n sentrum van Skandinawies-Amerikaanse en Duits-Amerikaanse kultuur. As gevolg van politieke gebeure in die 20ste en 21ste eeu het nuwe aankomelinge soos Hmong uit Suidoos-Asië en Somali's uit die ooste van Afrika hulle in die deelstaat kom vestig.

Tientalle nasionale parke en natuurreservate – soos die Nasionale Voyageurs-park langs die grens met Kanada – maak van Minnesota 'n eersterangse bestemming vir natuurliefhebbers. Die Mississippirivier ontspring by die Intascameer in die deelstaat.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search